California
Dreaming en ander ware verhale van Orange County: August 2016.
Ons ervaar n heerlike warm somer in Southern California. Die
“Marine layer” was ons baie genadig vir meeste van die tyd. Die Marine layer is
‘n lae wolk bank wat inkom van die see af gedurende die nag en dan tipies naby
11:00vm wegbrand. Dit keer dat ons dag temperature 40 grade Celsius oorskry en
ons kuier in die vroee 30’s. Mei en Junie is veral bekend daar voor [May-grey
en June-gloom is die volksmond]. Maar ons was te bly dat dit deur Julie ook
gebly het.
Dit is egter brand seisoen en daar is baie bos brande wat
huidiglik brand. Die areas noord van Los Angeles en die berge by Big Bear is
ernstig aan die brand. Die fynbos en die dennebome van die Los Angeles National
Forest brand buite beheer. Die berge en canyons maak die terrain onbegaanbaar. Die
rook wolke is duidelik sigbaar van my werkplek en dis ‘n goeie 50 myl van die
brande af.
Die jaar loop met rasse skrede. Ons het ‘n paar lang naweke
gemaak in April en gaan rondrits in Central California.
Ons eerste wegbreek was in die Paso Robles area saam met al
die Safarians [Dis die groep wat in 2014 saam met ons deur Suid Afrika getoer
het]. Dis so 3 ure noord van Los Angeles in die golwende heuwels van die central
coast streek. Dit is ‘n bekende wyn streek. Ons het ‘n groot 6 slaapkamer huis
gehuur op ‘n plaas en te heerlik gekuier. Wynproe, golf, hiking, braaivleis en
kampvuur . Ons het baie lekker sosiaal verkeer, talle ou stories opgeroep en
nuwes ontdek. Daar het ‘n hegte
vriendskapsband gevorm en dit maak ons samesein gemaklik en baie
lekker.
‘n Paar weke later is ons Yosemite toe. Yosemite is ‘n
nasionale park wat gelee is diep in die Sierra Nevada gebergtes. Die hartjie is
“the Valley” wat omring word deur vertikale rotse tot 4,500 voet loodreg en
tussen in talryke klowe en watervalle. Die rotse is soliede grys granite wat
afsteek teen die groen denne woude waarmee die berge oortrek is. Daar was nog
baie sneeu sigbaar om die prentjie te voltooi. Die panoramas is verruklik mooi.
Dit is ‘n baie spesiale plek, my gunsteling.
Ons het ‘n woonstel gehuur vir 3 nagte en die berge geniet.
Ligte sneeu gehad in die nag maar die dae was heerlik. Ons het lekker gestap op
van die hiking trails en Anita het goed bygehou. Albert het deur gery en 1 dag
saam uit gehang. Dis een van daardie plekke wat jy altyd weer wil terugkeer na
toe.
So van Anita gepraat. Sy vorder mooi en het weer aan die
draf geraak. Ons het ‘n paar 5km fun-run’s gedoen as deel van haar herstel
proses. Sy het gedraf en ek het gestap. Sy het ook weer begin golf speel. Eers
net 6 gate op ‘n slag, toe 9 en sy het nou al etlike kere hierdie jaar 18
gemaak. Ons is baie dankbaar. Sy woeker by die kerk en lei ‘n vroue
bybelstudie/klein groep.
Somer tyd gaan ons vrydag laat middag by die see vleisbraai.
Net suid van Laguna Beach is Salt Creek Beach. Dit is ‘n County park met pragtige
grasperke en skoon, bruikbare fasiliteite. Dit word goed onderhou en die mense
ruim op na gebruik, sodat almal ‘n aangename ervaring het. Met die grasperke
kan ons die see geniet sonder dat ons voete vol sand word wat dan ooral in die
karre en huis in kruip.
Met Albert gaan dit voor die wind. Hy is goed gevestig in sy
woonstel en by die werk is hy goed ingeburger. Al bly hy naby sien ons hom net
een maal per week. Hy speel tennis en volley ball en geniet die lewe. Hy is los
hotnot op die oomblik want die afstand na Denver het nie tussen hom en Lauren
uitgewerk nie.
My werk by Disneyland verloop vlot. Ek bly oorbluf oor die
dinamieka en aanslag van die plek. Tussen die 2 Parke en 3 hotelle is daar 29,000
werknemrs, net hier in California. Dan is daar nog Florida, Parys, Hong Kong, Japan en Shanghai. Die
2 parke hier, Disneyland Park en California Adventure, maak nou in die somer
beide 8vm oop en bly oop tot midernag. Tussen middernag en oggend word al die
publieke areas afgewas, en al die eetplekke en winkels moet hulle voorraad
aanvul in die donker ure en dan begin alles weer voor. Die laaste keer wat
Disneyland vir 1 dag nie oop was nie is 9/11 in 2001
Meeste onderhouds
werk en mooimaak gebeur tussen 12 middernag en 6vm. Dinsdag oggend moes ek 5 vm
aanmeld sodat ons kon kyk na ‘n roes problem op een van die rollercoasters voor
dat hulle begin met die dag se opstart. Dis heeltemal die moeite werd en ek
geniet die verskeidenheid van take.
Oor die Presidensiele verkiesing bly ek maar liefs stil.
Baie tragies, baie snaaks, maar tragies.
Groetnis van huis tot huis